Binnelandse Sake bly langer oop in aanloop tot die verkiesing

2 days ago
1 min read
Die departement van Binnelandse Sake sê kantoorure by al sy dienskantore sal volgende week verleng word ter ondersteuning van die plaaslikeregeringsverkiesing.
Volgens die departement sal kantore Maandag en Dinsdag van 08:00 tot 18:00 oop wees. Op Woensdag, die amptelike verkiesingsdag, sal kantore van 07:00 tot 21:00 oop wees.
Die departement doen ’n beroep op stemgeregtigde kiesers om hul identiteitsdokumente af te haal of betyds tydelike dokumentasie te bekom sodat hulle hul stemreg kan uitoefen.









Comments