top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Binnelandse Sake help met geblokkeerde ID's

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

Die Departement van Binnelandse Sake het 'n landwye veldtog begin om mense te help wie se identiteitsdokumente voor November 2022 geblokkeer is.


Die departement sê die proses vorm deel van pogings om die integriteit van die Nasionale Bevolkingsregister te beskerm.


Volgens Binnelandse Sake is sowat 2,2 miljoen identiteitsdokumente reeds deur die proses gedeblokkeer.


Mense wie se ID's steeds geblokkeer is, word aangemoedig om voor 10 Julie 'n Binnelandse Sake-kantoor te besoek en vertoë in te dien waarom hul identiteitsnommers gedeblokkeer moet word.


Die departement waarsku dat individue wat nie reageer nie, die risiko loop dat hul identiteitsnommers gekanselleer kan word.


Ter illustrasie. FOTO: X
Ter illustrasie. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page