top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Binnelandse Sake implementeer verbeterde ID-verifikasiestelsel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 25, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Binnelandse Sake het sy digitale identiteitsverifikasiestelsel verbeter. Die regering sê in ’n mediaverklaring dat die stelsel, wat biometriese kenmerke soos vingerafdrukke en gesigsherkenning identifiseer, Maandag geimplimenteer is. Volgens het Minister Leon Schreiber vroeër belowe dat 'n modernisering en stroomlynproses verwag kan word. Digitale identiteitsverifikasie word deur die Departement van Binnelandse Sake en President Cyril Ramaphosa as die hoeksteen van doeltreffende regeringsdienste beskou. Die opgedateerde stelsel sal vir beide private kliënte en regeringsdepartemente, insluitend Nasionale Tesourie en Sassa, beskikbaar wees. Private finansiële diensverskaffers kan die nasionale bevolkingregister gebruik om dokumente te verifieer. Die nuwe biometriese stelsel sal vingerafdrukke en gesigsherkenning aan 'n wye netwerk koppel . Die Departement van Binnelandse Sake meen hierdie belegging is noodsaaklik om dienslewering te verbeter en wagtye te verminder.

 
 
 

Comments


bottom of page