top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Binnelandse Sake maak huis skoon

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Ses mense is hierdie maand reeds in hegtenis geneem terwyl die Departement van Binnelandse Sake sy optrede teen bedrog en korrupsie verskerp.


Die jongste gevalle sluit in die inhegtenisneming van ’n genaturaliseerde buitelandse burger in Johannesburg en ’n senior immigrasiebeampte in Mpumalanga.


Die buitelandse burger word daarvan beskuldig dat hy vyf buitelandse kinders bedrieglik op die Nasionale Bevolkingsregister geregistreer het.


Die departement sê hy verskerp sy skoonmaakveldtog in ’n poging om korrupsie binne immigrasie- en burgerlike dienste uit te roei.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page