top of page

Binnelandse Sake se onbevoegdheid is onaanvaarbaar

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 4
  • 1 min read

Korrupsie, swak dienste en onbevoegdheid by die Departement van Binnelandse Sake is onaanvaarbaar. So sê die EFF wat gister minister Leon Screiber se begroting verwerp het. Hulle beweer dat dit die mees disfunksionele departement in die land befonds. Volgens die EFF se Asanda Matshobeni veroorsaak die huidige sake by die departement steeds aansienlike frustrasie vir baie burgers. Sy voeg by die departement faal in al sy dienste, veral burgerlike dienste, soos geboorteregistrasies en ID-verwante sake. Volgens Asanda sukkel mense steeds weens swak toegang tot dienste, onderbemande en ondoeltreffende kantore, en omdat hulle nie hul identiteitsdokumente het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page