top of page

Binnelandse Sake sit ’n uitsettingsrekord op

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 3
  • 1 min read

Die Departement van Binnelandse Sake het bevestig dat die aantal onwettige immigrante wat uit Suid-Afrika gedeporteer is, tot die hoogste vlak in vyf jaar gestyg het. The South African berig in die 2024/2025-boekjaar, wat op 31 Maart geëindig het, is byna 46 900 mense gedeporteer. Teenoor die vorige jaar se byna 39 700, is dit ’n toename van 18 persent. Volgens die Departement is dit meer as die gesamentlike uitsettings van 22 000 mense uit Frankryk en 20 000 mense uit Duitsland gewees. Minister Leon Schreiber skryf die styging toe aan samewerking met die Grensbestuursowerheid, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en plaaslike wetstoepassers, sowel as Operasie Vala Umgodi. Intussen het ActionSA-leier Herman Mashaba gevra vir ’n spesiale eenheid om onwettige immigrasie te hanteer.

 
 
 

Comments


bottom of page