Binnelandse Sake stel 'n nuwe aanlyn besprekingstelsel bekend om bedrog te voorkom
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die departement van binnelandse sake het ’n nuwe aanlyn besprekingstelsel op sy MyHomeAffairsOnline-platform bekendgestel in ’n poging om bedrog te voorkom en gebruikers se toegang tot dienste te verbeter.
Maroela Media berig die stelsel vereis dat gebruikers eers ’n MyHomeAffairsOnline-profiel skep wat aan hul ID-nommer en e-posadres gekoppel is voordat hulle ’n afspraak kan maak.
Volgens die departement sal dié stap help om te verseker dat afspraakgleuwe vir wettige klante beskikbaar bly. Die aanpassing volg ná sindikate jare lank misbruik gemaak het van die vorige besprekingsplatform en kwesbare mense uitgebuit het.
Hierdie groepe het glo groot getalle afspraakgleuwe uitgeblok en dit teen betaling aan mense verkoop wat desperaat toegang tot binnelandse sake se dienste benodig het.








Comments