Binnelandse Sake stel 'n R500-verwerkingsfooi voor

Jul 28
1 min read
Die Departement van Binnelandse Sake het voorgestel dat 'n verwerkingsfooi van R500 vir Suid-Afrika se elektroniese reismagtigingstelsel ingestel word.
Die minister van binnelandse Sske, Leon Schreiber, sê die fooi sal help om die digitale visumstelsel te befonds en te onderhou.
Volgens hom sal die nuwe stelsel visumaansoeke binne 24 uur kan verwerk. Ingevolge die voorstel sal reisigers uit visumpligtige lande die stelsel moet gebruik, terwyl dit aanvanklik opsioneel vir visumvrygestelde besoekers sal wees.
Die departement sê die stelsel sal na verwagting ook visumkoste vir baie reisigers verlaag.









Comments