Binnelandse sake stel wêreldklas identiteitsverifiëringsdiens bekend
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die departement van binnelandse sake het ʼn “wêreldklas identiteitsverifiëringsdiens” suksesvol van stapel gestuur.
‘n Woordvoerder van binnelandse sake, Duwayne Esau, het gister gesê die instelling van verdere maatreëls duur intussen voort om die gebruik van die diens so koste-effektief as moontlik te maak.
Volgens Esau stel dié diens regeringsgebruikers en kliënte in die private sektor in staat om inligting teen die nasionale bevolkingsregister te verifieer.
Volgens Maroela Media volg dit kort nadat die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, ʼn 6 500%-verhoging in die koste van intydse identiteitsverifikasies aangekondig het – die fooi om ʼn enkele intydse verifikasie na te gaan, styg dus van 15c tot R10.
Esau sê hy beskou dit as ʼn belangrike stap om regeringsdienste meer doeltreffend en finansiële dienste meer toeganklik en betroubaar te maak.






Comments