top of page

Binnelandse Sake verleng hul bedryfsure

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 6, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Binnelandse Sake sal bedryfsure by hul kantore vir aansoeke en die afhaal van dokumente verleng.


Van 8 tot 19 Desember en 5 tot 16 Januarie sal die kantore om 6-uur die aand sluit.


Dienste wat gedurende die verlengde ure aangebied word, sal beskikbaar wees by kantore wat toegerus is om slim ID-kaarte en paspoorte te verwerk.


Die departement het kliënte aangeraai om aansoek- of afhaalafsprake op die departement se webwerf te bespreek.


Diegene sonder ‘n bespreking kan egter steeds kantore besoek.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page