top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Binnelandse sake 'weier' om teen Chris Brown op te tree

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2024
1 min read

Die Good Party het kommer oor die regering se gebrek aan reaksie op sy oproepe, dat die sanger Chris Brown nie in die land toegelaat moet word nie, uitgespreek. Die party sê hierdie gebrek aan reaksie wys dat bekendes ‘n gratis pas op geslagsgebaseerde geweld in die land kry. Suid-Afrika staan Maandag aan die begin van die jaarlikse 16-dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Die party het gevra dat Brown weens sy skuldigbevindings aan geslagsgebaseerde geweld, verbied word om volgende maand in die land op te tree. Volgens die Good party se sekretaris-generaal weier die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, om teen Brown op te tree.

 
 
 

Comments


bottom of page