top of page

BKS: Beter polisiëring in die Vrystaat is nodig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Daar is tans 26 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat, en Maroela Media berig volgens die DA moet die provinsiale Departement van Landbou en Plattelandse Ontwikkeling saam met munisipaliteite, die polisie en geraakte gemeenskappe werk om dié siekte in bedwang te bring. Sedert Januarie vanjaar het die polisie 460 sake aanhangig gemaak wat verband hou met onder meer ontbrekende permitte en veediefstal. Volgens Jabu Mbalula, die LUR verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, word vervoer- en veepermitte van voertuigbestuurders wat vee vervoer, by padblokkades gevra. Tog word vee steeds dikwels sonwettig saans op stiller paaie vervoer.  

 
 
 

Comments


bottom of page