BKS: Boere kan nou hul eie entstowwe invoer

Die privaat landbousektor kan nou self bek-en-klouseer-entstowwe invoer. Dit is volgens die skikkingsooreenkoms wat Donderdag tussen die Departement van Landbou, Saai, Sakeliga en Vrystaat Landbou bereik is.
Maroela Media berig die nuwe minister van Landbou, Willie Aucamp, sê hy gaan gesprekke voer met entstofversakaffers uit Türkye en Argentinië en dit duidelik stel dat die regering nie in die pad staan van enige privaat entiteit wat wil invoer nie.
Aucamp verduidelik soos enige normale invoer sal privaat entiteite self betaal vir die entstowwe wat hulle invoer. Hy sê die regering verwelkom dit, want daar is nie eindelose befondsing nie.
Hy sê egter waar die regering daarvoor kan betaal, sal hy dit beslis doen, soos in die verlede, en as daar meer befondsing bekom word, sal dit toegewys word om te help met entstowwe.









Comments