BKS: Boere omseil glo kwarantynprosesse
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25, 2025
- 1 min read
Een van die redes waarom bek-en-klouseer so drasties versprei het, is glo dat boere dikwels vee skuif sodra hul plaas of ‘n buurplaas tekens van die siekte toon.
Vrystaat Landboou se visipresident, Friedl von Maltitz, sê aan Netwerk24, mense vind ‘n manier om die kwarantynproses te omseil.
Die Vrystaat Departement van Landbou het bekend bemaak dat die aantal bek-en-klouseer gevalle toegeneem het, en nou op 106 staan. I
ntussen is Vrystaatse boere ook bekommerd oor slenkdalkoors.
Dit nadat ‘n uitbraak van slenkdalkoors onder skape in die Noord-Kaapse Augrabiese-streek bevestig is.







Comments