top of page

BKS: Boere soek antwoorde

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 29
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse boere vra bedryfsliggame om rekenskap te gee van fondse wat bedoel is om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp.


Hulle sê, volgens SABC News, hulle betaal al jare lank vir voorkomingspogings, maar daar is min deursigtigheid oor hoe die fondse gebruik word.


Daar is tans 274 onopgeloste uitbrake waarvan 56 in die Vrystaat is.


Beperkte enstofbeskikbaarheid vererger ook die situasie.


Volgens prokureur, Ann-Suhet Marx, betaal boere tans statutêre heffings, wat R14.33 per geslagte bees is.


Hierdie fondse is eintlik geoormerk vir die monitering en voorkoming van bek-en-klouseer.


Maar ten spyte van hierdie bydraes, duur bek-en-klouseer-uitbrake steeds voort.


Ter illustrasie. FOTOS: SABC News
Ter illustrasie. FOTOS: SABC News

Comments


bottom of page