top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Boere word aangemoedig om gevalle aan te meld

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

Nog 12 gevalle van bek-en-klouseer is in die Vrystaat bevestig, wat die totale aantal bevestigde gevalle in die provinsie op 620 te staan bring.


Volgens African Farming sê die Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake dit is noodsaaklik dat boere vermoedelike gevalle aanmeld om die siekte doeltreffend te kan beheer.


Die departement sê onakkurate of onvolledige aanmelding bemoeilik die beplanning van inentingsveldtogte en kan tot tekorte aan entstowwe en vertragings in beheermaatreëls lei.


Boere word versoek om enige diere wat simptome van bek-en-klouseer toon onmiddellik by hul naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aan te meld.


Die jongste gevalle is in die Bloemfontein-, Warden-, Sasolburg- en Kroonstad-veeartsenygebiede bevestig.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page