top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS by Addo-koedoes lei tot ‘n oproep om strenger provinsiale beheermaatreëls

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14
1 min read

Die DA doen 'n beroep op strenger biosekuriteitsmaatreëls in die Oos-Kaap nadat bek-en-klouseer by koedoes in die Addo-olifant-nasionale park bevestig is.


Volgens die DA se Heinrich Müller moet provinsiale owerhede veeartsenykundige ondersteuning verbeter, beheer oor rondlopende vee uitoefen en toesig rondom wildreservate verskerp.


Die bron van die infeksie en enige verband met ander uitbrake word steeds ondersoek.

SANparke sê Addo bly oop en dat bek-en-klouseer nie as 'n gesondheidsrisiko vir mense beskou word nie.


Intussen voeg Müller by dat hy het die provinsiale LUR vir landbou versoek om 'n reaksie te koördineer wat munisipaliteite, bewaringsowerhede en veeartsenykundige spanne betrek.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page