BKS: Daar is nou ‘n aanlyn portaal vir inenting-aansoeke
- Saamgestel deur Jana Roos

- 31 minutes ago
- 1 min read
Die minister van landbou, Willie Aucamp, het 'n aanlyn portaal bekendgestel vir boere en vee-eienaars om aansoek te doen om self hulle kuddes teen bek-en-klouseer in te ent.
SABC-nuus berig dié stap sal die inenting van vee aansienlik meer vaartbelyn maak. Hy sê in 'n verklaring die aanlyn portaal stel boere nou in beheer. Aucamp sê boere kan nou vrywillig en voorkomend hulle vee inent teen bek-en-klouseer. Hy sê dié inisiatief is die begin van 'n sterker vennootskap tussen boere en die regering.








Comments