top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Desperate boere gebruik glo petrol en alkohol as behandeling

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 12
  • 1 min read

Sommige kleinboere in KwaZulu-Natal is al so desperaat weens die stadige verspreiding van entstowwe vir bek-en-klouseer dat hulle glo petrol en alkohol gebruik om hul beeste teen die virus te behandel.


Netwerk24 berig die IVP-LP, Inkosi Cebekhulu, sê as vee aan bek-en-klouseer blootgestel word, trek hulle die beeste se bene styf en druk hul hoewe in petrol om die wonde te genees. Sommige week glo klere in petrol en hou dit voor die snoet van die dier sodat hulle dit kan inasem, of hulle spuit die beeste in met sterk drank.


Cebekhulu sê hy moes senior gemeenskapsleiers versoek om vir mense te sê om dit nie te doen nie.


’n Veearts van die departement in die Vrystaat, Jurgens Barnard, sê hy het nog nie daarvan gehoor nie. Hy sê die provinsie se boere werk saam met staatsveeartse oor watter medikasie sal werk en wat hulle kan doen om die beeste te help.


Die besturende direkteur van die landboukonsultasiemaatskappy Intelact Suid-Afrika, Jane Holliday, sê sy het ook nog nie van dié gehoor nie, en voeg by daar is beslis nie enige wetenskap daaragter nie.


Ter illustrasie. FOTO: DairyNZ
Ter illustrasie. FOTO: DairyNZ

 
 
 

Comments


bottom of page