BKS: Die VS suig aan die agterspeen met entstowwe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 17
- 1 min read
Entstof teen bek-en-klouseer sal waarskynlik eers teen einde Maart in die Vrystaat beskikbaar wees. So sê ’n private veearts van Parys in die Vrystaat, Jan Fouché Swanepoel, aan Netwerk24.
Dit terwyl die Wes-Kaap – wat eers onlangs sy eerste gevalle van bek-en-klouseer aangemeld het – reeds met die inenting van vee begin het.
Uit 'n totale kudde van sowat 14 miljoen beeste in Suid-Afrika is slegs 8 315 tot dusver ingeënt. Swanepoel sê dit is vreemd aangesien die Vrystaat die tweede hardste getref word.
Rosestad-nuus het onlangs berig dat bek-en-klouseer nou amptelik in Bloemfontein ook bevestig is.







Comments