BKS is in Bfn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 16
- 1 min read
’n Uitbraak van bek-en-klouseer is nou ook in Bloemfontein bevestig.
Volgens ’n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is een geval in die stad aangemeld.
Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 344 te staan, met verskeie uitbrake wat reeds in verskillende munisipaliteite geïdentifiseer is.
Die departement waarsku dat versuim om verdagte gevalle aan te meld, die verspreiding van die siekte kan vererger en beplanning vir entstofvoorsiening bemoeilik.
Intussen het Zambia met onmiddellike effek alle invoer en vervoer van vee uit Suid-Afrika verbied om verdere verspreiding te voorkom.
Volgens Zambië se Departement van Veeartsenykundige Dienste is alle bestaande permitte herroep en sal die situasie hersien word namate die uitbraak ontwikkel.







Comments