top of page

BKS: Die staat behou beheer oor entstowwe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die staat sal beheer behou oor die verkryging, verspreiding en toesig van bek-en-klouseer-entstowwe, ten spyte van kritiek van dele van die landbousektor. Dit volgens die minister van landbou, John Steenhuisen.


Sommige boere voer aan dat die beleid duur en ondoeltreffend is, en dit het daartoe bygedra dat Steenhuisen die vertroue van dele van die DA se landbou-lobby verloor het.


Steenhuisen het tydens ‘n inligtingsessie aan die Parlement se landbouportefeuljekomitee gesê bek-en-klouseer kan nie soos ‘n gewone dieregesondheidskwessie behandel word nie. Hy het beklemtoon dat dit ‘n staatsbeheerde siekte is kragtens die Wet op Dieresiektes en dat Suid-Afrika se internasionale dieregesondheidsverpligtinge vereis dat inentings streng gereguleer word.


John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page