top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Die VS suig aan die agterspeen met inentings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 1
  • 1 min read

Die Vrystaat is die swaarste met bek-en-klouseer getref, maar het tot dusver net 18,3 % van die beskikbare dosisse entstof ontvang. Die provinsie het 433 bevestigde gevalle.


Netwerk24 berig Suid-Afrika benodig sowat 22,2 miljoen dosisse entstof om die nasionale kudde voldoende teen bek-en-klouseer te beskerm. Luidens AgriSA se jongste datapaneel vir die bedryfskoördineringsraad (ICC) is 2,8 miljoen dosisse tot dusver ontvang, wat baie minder is as die 25 miljoen wat nodig is om die land se beeskudde van 12,5 miljoen diere met twee dosisse elk in te ent. Net 17,2 % van die kudde het minstens een dosis ontvang.


Intussen is geen nuwe dosisse die afgelope week ontvang nie.


Die datapaneel wys ook op beduidende datagapings. Duisende dosisse is sonder vervaardiger-inligting aangemeld, en sommige provinsiale syfers stem nie met nasionale totale ooreen ne.


Met beperkte entstofvoorrade, stadige vordering en onvolledige data, waarsku rolspelers dat die kans om die uitbreking te beheer vinnig besig is om verby te gaan.


Ter illustrasie. FOTO: Business Day
Ter illustrasie. FOTO: Business Day

 
 
 

Comments


bottom of page