top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: 'Genoeg beeste moet binne ’n streng tydsraamwerk ingeënt word'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 14
  • 1 min read

Die belangegroep FMD Response SA sê die Departement van Landbou moet genoeg beeste binne ’n streng tydsraamwerk inent om bek-en-klouseer die hoof te bied.


Netwerk24 berig die groep het gereageer op die skikkingsooreenkoms wat die Departement van Landbou Donderdag met Vrystaat Landbou (VL), Saai en Sakeliga bereik het om die private invoer en verspreiding van entstowwe moontlik te maak. Dit kom nadat die organisasies in die hof daarvoor geveg het.


Die departement het die ooreenkoms onder leiding van Willie Aucamp, nuwe minister van landbou, met die organisasies aangegaan.


Die woordvoerder van FMD Response SA, Andrew Morphew, sê die inenting van 80% van die land se beeste teen Desember, soos voorheen voorgestel, sal nie die verspreiding van die virus keer nie. Hy sê die meeste beeste moet binne ses tot agt weke ingeënt word, insluitend die toediening van versterkingsdosisse vir beeste wat in Februarie al ingeënt is.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page