top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Gevalle in die Vrystaat het meer as verdubbel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 8, 2025
1 min read

Die aantal bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat het tot 17 gestyg. SABC News berig volgens die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is daar nog nege nuwe bevestigde gevalle. Hulle voeg by die provinsie het vier verskillende uitbrekings in drie plaaslike munisipaliteite, naamlik Moqhaka, Metsimaholo en Mafube, waarby twee gemeenskaplike weidingsgebiede deur die huidige uitbrekings geraak word. Intussen berig ENCA Vrystaatse boere is bekokmmerd dat die siekte hul vee en verdienste sal uitwis. Die Vrystaat het tot vroeg Julie daarin geslaag om siektevry te bly maar skarrel nou om die provinsie se ruggraat van hul ekonomiese arbeidsmark te red. Landbouowerhede doen 'n beroep op boere om gevalle so gou as moontlik aan te meld.

 
 
 

Comments


bottom of page