BKS gevalle in die Vrystaat wek kommer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 14
- 1 min read
Die aantal bek-en-klouseergevalle in die Vrystaat het tot 559 gestyg nadat 107 nuwe infeksies tussen laat April en vroeg Mei aangeteken is.
Die DA sê die toename wek kommer en meen owerhede tree nie dringend genoeg op om die verspreiding te keer nie.
Volgens die party se Roy Jankielsohn het polisiebeamptes nie voldoende opleiding ontvang om bewegingsbeheer af te dwing nie, en dat geen arrestasies of boetes uitgereik is vir onwettige veebewegings nie.
LUISTER HIER:
Roy Jankielsohn (2)








Comments