BKS: Gevalle styg steeds in die Vrystaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 13 hours ago
- 1 min read
Die Vrystaat het 45 nuwe bek-en-klouseergevalle aangeteken, wat die provinsiale totaal op 194 te staan bring.
Dit volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling.
SABC News berig uitbrake is in verskeie gebiede regoor die provinsie bevestig, insluitend Heilbron, Deneysville en Sasolburg.
Streng bewegingsbeperkings en kwarantyn bly van krag.
Boere word gewaarsku dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie 'n kriminele oortreding is.







Comments