top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS het sy eie ‘bomb squad’ nodig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

'n Spesiale taakspan, soos die Springbokke se bekende "bomb squad", kan help om die bek-en-klouseer (BKS) krisis te bekamp.


Landbouweekblad berig dit is volgens die minister van landbou, Willie Aucamp.


Hy sê daar is min dinge wat Suid-Afrika só kan verenig soos die Bokke se "bomb squad" en voeg by dat dieselfde soort taakspan vanuit die landbousektor nodig is om die krisis aan te pak.


Intussen het die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake nog 42 nuwe klinies bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die provinsie aangemeld.


Dit bring die totaal op 728 bevestigde gevalle, waarvan 317 reeds opgelos is nadat die voorgeskrewe siektebeheermaatreëls afgehandel is.


Willie Aucamp. FOTO: ActionSA
Willie Aucamp. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page