top of page

BKS in die Vrystaat neem steeds toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 1, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaat se bek-en-klouseer-uitbraak neem steeds toe, met die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling wat bevestig het dat die totaal nou op 118 gevalle staan.


Die nuut bevestigde gevalle sluit volgens Nova News in: Frankfort, Edenville, Bothaville, Parys, Deneysville en Sasolburg, Tweeling asook Vrede.


Die departement het belanghebbendes streng daaraan herinner dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder toepaslike dokumentasie ’n kriminele oortreding is.


Hierdie reëlings bly noodsaaklik om die verspreiding van die siekte te stuit en die provinsie se veebedryf te beskerm.


Die departement beklemtoon ook dat volle nakoming van kwarantynregulasies ononderhandelbaar is om die uitbreking te beperk en uiteindelik uit te wis.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page