BKS: Interpol ondersoek entstof uit Kenia
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 8, 2025
- 1 min read
Interpol is nou by die ondersoek na die onwettige invoer van bek-en-klouseerentstof vanaf Kenia betrokke.
Landbouweekblad berig die grensbestuurowerheid het op ‘n tweede besending beslag gelê.
Volgens die uitvoerende hoof van die rooivleisbedryfsdienste, Dewald Olivier, weet hulle waarheen die eerste besending gegaan het.
Olivier sê die besending waarop beslag gele is, is onder ‘n middel wat vir mense met hartprobleme - Betanol - vervoer.
Klagte van onder meer terrorism en biologiese oorlogvoering word deur die staatsveiligheidagentskap ondersoek.
Boere moet seker maak dat die entstof wat op hul plase gebruik word, deur ‘n veearts toegedien word – soos regulasies bepaal.
Verder moet boere ook oplet dat die merkers op die dossisse nie afgetrek is nie.







Comments