top of page

BKS: Miljoene beeste word vanjaar ingeënt

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 2
  • 1 min read

Meer as 12 miljoen beeste sal vanjaar landwyd teen bek-en-klouseer ingeënt word. Plase in ten minste ses provinsies is gedwing om beeste onder kwarantyn te plaas nadat die siekte opgespoor is.


Ekonoom Wandile Sihlobo het aan Eyewitness News gesê dat daar lig aan die einde van die tonnel in die beesvleissektor is, ná ‘n styging in beesvleispryse as gevolg van die huidige uitbreking.


Hy sê hoewel die siekte steeds ‘n uitdaging is, dat slagting teen ‘n robuuste tempo sal terugkeer namate die inentings uitgerol word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page