‘BKS moet tot ramp in die Vrystaat verklaar word’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 27
- 1 min read
Namate beheermaatreëls misluk dring die DA daarop aan dat die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering bek-en-klouseer (BKS) tot ‘n ramp verklaar.
Luidens ‘n mediaverklaring is die party se Vrystaat leier, Roy Jankielsohn, van mening dat aangesien BKS 'n staatsbeheerde siekte is, dit die verantwoordelikheid van die staat bly om beeste in te ent, beweging te beheer en inligting aan alle vee-eienaars te versprei.
Hy voeg by BKS vereis proaktiewe leierskap, gekoördineerde afdwinging en duidelike verantwoordbaarheid.
Vertraagde of reaktiewe reaksies sal die krisis net vererger en die Vrystaat se landbou-ekonomie, voedselsekerheid en landelike lewensbestaan verder in gevaar stel.







Comments