top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: ’n Deurbraak-hofbevel laat boere toe om self entstowwe te bekom en toe te dien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 9
1 min read

’n Hofbevel wat die weg baan vir veeboere om onafhanklik bek-en-klouseer-entstowwe te bekom en toe te dien, is ’n belangrike deurbraak in die stryd teen die siekte.


Dit is volgens Vrystaat Landbou (VL), nadat die skikkingsooreenkoms in die hofsaak tussen VL, Sakeliga en Saai teen die minister van landbou nou as ’n formele hofbevel bevestig is.


Maroela Media berig VL se vise-president, Friedl von Maltitz, sê hierdie mylpaal-uitspraak herstel amptelik die reg van boere om onafhanklik BKS-entstowwe te verkry en toe te dien om hul vee te beskerm, wat die verlammende staatsmonopolie oor siektebeheer verbreek.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Von Maltitz sê hulle is teleurgesteld oor die gebrek aan ondersteuning van sleutelrolspelers in die bedryf wat nie hierdie noodsaaklike hofaksie gesteun het nie.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News
Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page