BKS: 'n Vrystaatse dorp sluit sy paaie vir veevervoer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 13
- 1 min read
Geen lewende hawe mag voorts deur of in die dorp Senekal in die Vrystaat beweeg nie. Die verbod geld ook ʼn radius van 10 km rondom die dorp.
Maroela Media berig hierdie stap volg nadat die Rooivleis-aksiegroep (RAG) bevestig het dat formele aanmanings onlangs aan die polisie en provinsiale verkeersowerhede gestuur is om hul statutêre pligte na te kom en bioveiligheidsmaatreëls dringend af te dwing.
Die direkteur van RAG, Jaco de Villiers, verduidelik dat die gemeenskap nie langer kon toekyk hoe die situasie versleg nie. Hy sê die gemeenskap het die reg en die verantwoordelikheid om onmiddellike beheermaatreëls in te stel, sonder om op goedkeuring of optrede van enige sogenaamde hoër gesag te wag, veral waar staatsmislukking reeds duidelik is.
Die situasie word vererger deur ʼn gerapporteerde tekort aan uiters belangrike medikasie. Volgens die staatsveearts, Thabo Leratuli, is daar tans geen entstof beskikbaar om hierdie diere in te ent nie.






Comments