top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Namibië staak die slagting van gespletehoefdiere

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
13 hours ago
1 min read

Namibië het alle slagting van gespletehoefdiere landwyd opgeskort en vleisuitvoere is nou ook in die gedrang. Dit kom nadat bek-en-klouseer (BKS) ook in dié land uitgebreek het.


Maroela Media berig die uitbreking is die eerste in Namibië se kommersiële veesone in 60 jaar.


Meatco, die staatsbeheerde vleisverwerker, het intussen die status van beesvleissendings wat reeds uitgevoer of onderweg is, begin ondersoek. Die maatskappy sê dit is in hierdie stadium nog te vroeg om te sê wat met individuele besendings sal gebeur en of enige produkte na Namibië teruggestuur sal moet word.


Die uitbreking beteken dat Namibië nou die agtste land in Suider-Afrika is wat vanjaar deur BKS geraak is.


Ter illustrasie. FOTO: Business Day
Ter illustrasie. FOTO: Business Day

 
 
 

Comments


bottom of page