top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Nog 8 gevalle is in die Vrystaat bevestig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 minutes ago
  • 1 min read

Agt nuwe gevalle van bek-en-klouseer is in Boshof en Smithfield in die Vrystaat bevestig.


Volgens SABC News sê die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die provinsie op 687 te staan.


Die departement voeg by 181 van dié gevalle is reeds suksesvol afgehandel nadat die betrokke plase aan al die vereistes voldoen het om hul kwarantyn op te hef.


Boere word aangemoedig om enige vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld. Intussen gaan inentings voort op besmette plase en in ander hoërisikogebiede.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page