top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Nog gevalle is in Bfn aangemeld

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 5
1 min read

Die Departement van Landbou in die Vrystaat het 17 nuwe gevalle van bek-en klouseer bevestig. Dit bring die getal bevestigde gevalle in die provinsie op 665 te staan.


SABC-nuus berig die nuwe gevalle is aangemeld in Bloemfontein, Boshof, Smithfield en Bultfontein.


Die departement sê hulle het talle aansoeke van boere vir entstof ontvang. Inentings in hoë risikogebiede kry voorkeur.


Boere word egter aangeraai om aansoeke in te dien sodat die departement die verspreiding van entstof kan beplan asook toekomstige behoeftes.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page