BKS: Nog gevalle is in Fauresmith bevestig

Sep 29
1 min read
’n Nuwe geval van bek-en-klouseer is in die Fauresmith-omgewing bevestig, wat die Vrystaat se totale getal gevalle op 799 te staan bring.
Netwerk24 berig volgens die Vrystaatse Departement van Landbou is 644 van dié gevalle reeds afgehandel, terwyl 155 steeds aktief en onderworpe aan kwarantynmaatreëls is.
Volgens die departement is dit ’n wetlike verpligting om vermoedelike BKS-gevalle dieselfde dag nog aan te meld sodat die diere geïsoleer en beheermaatreëls ingestel kan word.
Inenting word tans op besmette eiendomme, naburige plase en ander hoërisikogebiede toegespits.









Comments