BKS: Nog ‘n geval is in Bfn bevestig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 18
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Landbou het nóg ’n geval van bek-en-klouseer in die Bloemfonteinse staatsveeartsenygebied bevestig.
Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle nou in Bloemfontein op drie en in die Vrystaat op 589 te staan.
Die meeste nuwe gevalle is in gebiede soos Frankfort, Heilbron, Sasolburg en Kroonstad aangemeld.
Die departement sê meer as 513 000 beeste is reeds ingeënt terwyl bewegingbeheer en kwarantynmaatreëls steeds in verskeie gebiede toegepas word.
Boere word intussen versoek om enige verdagte gevalle onmiddellik aan te meld en streng biosekuriteitsmaatreëls toe te pas om verdere verspreiding van die siekte te beperk.








Comments