top of page

BKS: nou ook in Edenville

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 10
  • 1 min read

Daar nog vier nuwe bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat aangemeld, waarvan twee in Edenville is.


Volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling bring dit die bevestigde gevalle nou op 42 in sewe areas te staan.


Inentings op die besmette plase het onmiddellik begin om te help om die viruslading te verminder en verdere sirkulasie van die virus te beperk.


Die departement doen 'n beroep op boere, bedryfsvennote en alle belanghebbendes om hande te vat en saam te werk om die verspreiding te stop.


Dit sluit in die voorkoming van enige onwettige beweging van diere uit gebiede onder toesig.


Hulle voeg by hoe langer die toesig moet voortduur, hoe langer sal voorsorgmaatreëls in plek bly.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media


Recent Posts

See All

Comments


bottom of page