top of page

BKS: Rondloperdiere moet aangemeld word

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 4
  • 1 min read

Dit is noodsaaklik dat rondloperdiere onmiddellik by plaaslike polisiestasies aangemeld word om gevalle van bek-en-klouseer (BKS) in die Vrystaat te beperk.


So sê die kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL) Jack Armour, luidens ‘n plasing op sosiale media.  


VL se Landelike Veiligheidskomitee het reeds ʼn stemboodskap aan lede uitgestuur oor die stappe wat boere moet volg indien hulle rondloperdiere opmerk.  


Intussen het die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in ‘n kennisgewing gesê dat die huidige bevestige gevalle nou op 38 staan.


Ses afsonderlike uitbraakgebiede is geïdentifiseer wat Kroonstad, Viljoenskroon, Deneysville, Heilbron, Odendaalsrus en Cornelia / Frankfort insluit.


Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad
Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad


Comments


bottom of page