top of page

BKS: Nóg nuwe gevalle in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 15
  • 1 min read

Nóg nege nuwe gevalle van bek- en klouseer in die Vrystaat aangemeld is. Dit volgens die Departement van Landboue en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat. Maroela Media berig dit bring die totale getal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 26 te staan. Volgens die jongste verklaring is daar nou ses afsonderlike uitbrekings in vyf verskillende munisipaliteite, waaronder Kroonstad, Viljoenskroon, Deneysville, Cornelia/Frankfort, Heilbron en Odendaalsrus. Die departement sê inenting het reeds op die besmette plase begin om die virus se verspreiding te beperk. Vier gemeenskaplike weidingsgebiede is egter ook geraak, wat die beheer van ingeënte diere moeiliker maak weens gedeelde weiding en ’n tekort aan heinings. Die departement beklemtoon dat die suksesvolle bekamping van die siekte slegs moontlik is as alle rolspelers saamwerk.

 
 
 

Comments


bottom of page