top of page

BKS plaas ‘n demper op baie boerderye

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 24, 2025
  • 1 min read

Bek-en-klouseer (BKS) plaas ’n demper op baie boerderye, selfs al is die plaas nie naby ’n gebied geleë waar dit reeds uitgebreek het nie. Landbouweekblad berig volgens Vrystaatse boer, Llewellyn Angus wat saam met sy seun Gareth met skape boer, sê elke veeboer word deur BKS geraak, selfs indirek deurdat hulle nie die pryse vir hul speenkalwers en ander diere kry wat hulle eintlik toekom nie. Hoewel hulle plaas nog redelik ver van die naaste rooi sone is waar BKS bevestig is, plaas dit ’n demper op hul gemoed. Hy voeg by die naaste geval is nou “net 100 km ver” en almal is op hul senuwees dat dit enige tyd nader kan kom. Volgens Angus is die regte manier om BKS doeltreffend te bestuur, om elke bees en skaap in die land in te ent.

 
 
 

Comments


bottom of page