top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Sommige vee-eienaars versuim steeds gevalle aan te meld

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 12
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Landbou het kommer uitgespreek oor die voortdurende versuim van sommige vee-eienaars om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld.


Dit volg nadat 14 nuwe gevalle in die Boshof-gebied bevestig is, wat die provinsie se totaal op 679 bevestigde gevalle te staan ​​bring.


Die departement sê onmiddellike aanmelding is 'n wetlike vereiste, en is noodsaaklik om die verspreiding van die siekte te bekamp.


Boere word aangemoedig om vermoedelike infeksies dadelik aan te meld, en by bioveiligheidsmaatreëls te hou om verdere oordrag van die siekte te voorkom.


Ter illustrasie. FOTO: Business Day
Ter illustrasie. FOTO: Business Day

 
 
 

Comments


bottom of page