top of page

BKS: Steenhuisen wil Suid-Afrika binne tien jaar skoon hê

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 15
  • 1 min read

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê hy wil hê dat die land binne tien jaar vry van bek-en-klouseer moet wees.


Boere regoor die land sukkel om die verspreiding van die siekte te beperk. Die siekte het ook gelei tot ‘n styging in die pryse van beesvleisprodukte.


Steenhuisen het boere verseker dat die regering ‘n plan het om die siekte te bestry. Hy sê die plan is ‘n langtermynverbintenis tot die gesondheid van die land se ekonomie en voedselsekerheid.


Die DA se lid van die landbou-portefeuljekomitee, Beyers Smit, sê die party verwelkom Steenhuisen se beslissende stappe om Suid-Afrika se stryd teen bek-en-klouseer te versterk.


LUISTER:


Beyers Smit

John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook



Comments


bottom of page