BKS: TLU SA verwelkom toegang tot die intellektuele eiendom vir entstof

22 hours ago
1 min read
TLU SA verwelkom die aankondiging dat kwalifiserende private maatskappye onder lisensiëringsooreenkomste toegang tot die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom vir bek-en-klouseer-entstof kan kry.
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê die doel is om produksiebeperkings te oorkom en meer entstof beskikbaar te stel.
TLU SA sê die entstof is volgens veeartse en akademici tans geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en kan na verwagting immuniteit van tot ’n jaar bied. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê dit is ‘n stap in die regte rigting.
LUISTER HIER:
Bennie van Zyl








Comments