top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Politieke partye kry 36 uur om vals inligting reg te stel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago
1 min read

Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) sê politieke partye het 36 uur om enige vals inligting voor die verkiesing in die openbaar terug te trek en reg te stel.


Die waarskuwing oor die oortreding van die Gedragskode oor Waninligting is Woensdag gemaak tydens die ondertekening van die Verkiesingsgedragskode deur politieke partye. Hiervolgens moet partye inligting verifieer voordat hulle dit versprei. Indien dit vals blyk te wees, moet hulle dit terugtrek en regstel.


Eyewitness News berig die OVK sê die strenger reëls kom te midde van ’n afname in kiesersvertroue, en hy doen ’n beroep op partye om te help om vertroue in demokratiese prosesse te herstel.


OVK-voorsitter Mosotho Moepya sê in ’n era van onmiddellike inligtingsdeling kan vals bewerings vinnig versprei en ernstige gevolge hê.


Ter illustrasie. FOTO: SA News
Ter illustrasie. FOTO: SA News

 
 
 

Comments


bottom of page