top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: VL sê die huidige bestrydingsplan gaan nie werk nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 9
1 min read

Vrystaat Landbou (VL) is bekommerd dat die huidige plan om bek-en-klouseer te bestry, nie gaan werk nie.


Die vise-president van VL, Friedl von Maltitz, sê 'n risiko-gebaseerde model is ontwerp vir lande wat reeds bek-en-klouseer-vry is en slegs geïsoleerde uitbrekings ervaar, en nie vir ’n situasie soos Suid-Afrika s’n nie.


Nova News berig Von Maltitz, wat in Februarie deur VL na Argentinië gestuur is om internasionale inentingstrukture te bestudeer, beklemtoon dat Suid-Afrika dringend moet oorskakel na ’n gekoördineerde massa-inentingsbenadering. Dit behels dat alle vee binne ’n bepaalde sone vinnig ingeënt word, met ’n opvolg- of skraagdosis binne twee tot ses weke.


Die president van VL, Francois Wilken, beklemtoon verder dat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) duidelike riglyne stel vir massa-entingsprogramme. Hy sê tans is daar geen sigbare, gestruktureerde nasionale plan in plek nie.


Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News
Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page