top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: VL vra vir meer dringede optrede op voetsoolvlak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 6
  • 1 min read

Die landbouorganisasie Vrystaat Landbou (VL) vra dat die Departement van Landbou die boer op grondvlak moet help. Dit kom nadat nog 12 veeartse by die beleidseenheid vir invoer en uitvoer gevoeg is.


Netwerk24 berig die visepresident van VL en 'n beesboer, Friedl von Maltitz, sê dit is goeie nuus, maar die organisasie wil ook sien dat meer veeartse op provinsiale vlak aangestel word om die boere te help. Hy sê die meeste provinsies het nie genoeg veeartse, toerusting en voertuie om hul werk reg te kan doen nie.


Hy se VL wil graag sien dat die boere op die grond ook gehelp kan word, en dat daar nie net op die einde van die ketting, dit wil sê uitvoer, gefokus word nie.


Von Maltitz sê die bek-en-klouseerkrisis in die Vrystaat is nié onder beheer nie.


Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News
Friedl von Maltitz. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page