BKS: Vrystaat Landbou mik hof toe oor entstowwe
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Vrystaat Landbou, Sakeliga en Saai bring Dinsdag 'n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria, om te verhoed dat die regering die private verkryging en toediening van entstowwe teen bek-en-klouseer keer.
SABC-nuus berig Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê die betrokke partye het vroeër die week aan 'n hof-voorgeskrewe bemiddellingsproses deelgeneem. Dit was egter onsuksesvol.
Hy sê die hofaansoek volg op die versuim van die minister van landbou, John Steenhuisen, om 'n wettige grondslag te verskaf vir sy verbod op die private verkryging en toediening van entstowwe.








Comments